Die Boskombuis
DIE KUIERPLEK VIR ONS MENSE.t

Boskombuis Program op FACEBOOK!!  Kopiereg © Boskombuis. Made by TravelTV.

Ons Geskiedenis

Ja - by die Boskombuis voel jy gou deel van die familie. Onopgesmuk en plat op die aarde. Kom geniet die gasvryheid van mense soos jy!

Die Boskombuis het sy ontstaan in 1998 gehad. Mense van oral oor het al hier gekuier. Die Boskombuis is tussen die bome en deel van die natuur. By die braaivure en ontspanne atmosfeer is al hegte vriendskappe gesmee. Deur die jare het ons die plekkie opgebou en vandag is dit ons trots.

Algemene Inligting

Die Boskombuis is gerieflik naby die N4 snelweg en Rayton / Cullinan krusing gelee. Die bos is die tuiste vir ons onthaal en funksie ontwikkeling. Alhoewel ons net oop is vir musiekaande, funksies, troues en spesiale geleenthede is on wel elke Sondag oop vir ‘n ontbyt/brunch wat mense altyd bybly. Die lapakraal is puik vir braais en kuier rondom die vuur. Ons afdak en skoon ablusieblokke trek baie mense om hul funksies hier aan te bied.

Ons kombuis sorg dat mense lekker eet en dat elke funksie goed afgaan. Sien julle by die Boskombuis!!

Lekker!! In jou Taal.

Ons Mense!!

Bos Troues is Spesiaal

Boskombuis Watergat

By die Boskombuis voel jy tuis!!