Die Boskombuis
DIE KUIERPLEK VIR ONS MENSE.t

Boskombuis Program op FACEBOOK!!  Kopiereg © Boskombuis. Made by TravelTV.

Vir ‘n baie spesiale, bekostigbare onvergeetlike troue, is die Boskombuis die ideale plek om te trou.  

Die kalmerende, ontspanne atmosfeer van die Boskombuis laat die gaste en die die troupaartjie ontmiddellik ontspan sodra hulle instap. Vir ‘n troue wat bietjie anders is as die norm, is die Boskombuis die ideale venue. Die liggies saans tussen die bome sorg vir ‘n sprokiestroue effek, en die groot vuur in die boma is ‘n wenner. In koeler weer sit ons die konkas uit.

Die troue  vind plaas voor die visdam, en die gaste sit tussen die bome en geniet die rustigeid van die natuur, en die klank van die borrelende water van die fontein. Ons doen spyseniering, maar die bruidspaartjie is ook welkom om hulle eie spyseniers te gebruik. Ons kan vir u lewendige musiek deur van die top kunstenaars in ons land aanbied, sowel as die dienste van hoogs professionele fotograwe en videomense om die dag nog net meer spesiaal te maak. Die keuse is u sin. Ons pryse sluit in tafels, stoele, eetgerei, sierkerse, ens. Daar is ook ‘n kontantkroeg beskikbaar.

Bo en behalwe troues, bied ons ook verjaarsdaepartytjies, lekker familie byeenkomste en jaareind funksies aan. In die ontspanne atmosfeer van die bos laat almal gou hulle hare sak en geniet die gaste dit terdeë. Alhoewel ons nie kampeergeriewe het nie, is die gaste welkom om tente of karavane te bring en lekker tussen die bome oornag te kamp. Daar is ook verskeie gastehuise in die omtrek, waar die gaste kan tuisgaan.

Blaai gerus deur ons Fotoalbum vir idees en konsepte. Besoek ons om jou eie styl te bespreek.

Troues, Onthale en Funksies